Pampoen-nuus
You may never know what results come from your action. But if you do nothing, there will be no result. (Mahatma Ghandi)
Prysuitdeling
Die jaarlikse prysuitdeling vind die jaar plaas op Woensdag 16 November 2011 by die Moth Saal. Ons het so min deelnemers die jaar gehad dat die uitdeel van pryse baie vinnig gaan wees en dan ...party ons. Laat weet so gou moontlik of jy die verrigtinge gaan bywoon en onthou om 'n merkie op die almanak te maak. Die klub se "vroue-liga" is hard besig en ek sal laat weet wat hulle sê oor watter vorm die geleentheid gaan aanneem.
Hierdie is ook die finale oproep vir die T-hemde (lang- of kortmou) - bestel nou of "forever hold your peace".
Welkom aan ons nuwe lede: Mike Boon, Robin du Plessis, Jannes de Swardt (nou't ons 2!), Christo Vorster en Geert Dekeker. Ons wens julle 'n lang en gelukkige tyd met ons. Skreeu as julle iets wil weet of as iets pla.
Victoria Bay race 8vm, Saterdag 29ste. Ek hoor dit is nogal 'n strawwe roete, maar ek hoop julle sal dit ondersteun. Dit is nooit lekker vir die organiseerders as daar min mense opdaag nie. Glo my, daar is baie werk met die organisering van 'n wedloop en om die baie skaars borge tevrede te stel. Please support die run on Saturday!!
Meiringspoort uitslae - sien op results! Dit was GREAT om al die Outeniqua Harriers daar te sien!
SPUR 2 SPUR Uitslae
Vuyo Witbooi 33:45; Mauritz Jansen van Rensburg 34:55; Jacques Mouton 37:21; Rian Klue 40:20; Arno du Plessis 42:41; Patrick Rawlins 45:01; Kevin Diedericks 45:23; Chris de Jager 45:46; Bertie Janse van Rensburg 46:08; Pieter Lennox 46:30; Mike Boon 46:31; Plaatjie Cronjé 47:21; Anthony Noble 48:12; Rudy Koen 49:59; Anton Basson 55:38; Jan Botha 55:48; Christine du Plessis 65:01; Robin du Plessis 82:28 (SPLINTERNUWE LID en haar heel eerste 10km - WELKOM EN GELUK!!); Adelynn Smith 82:29.
Verjaarsdae Oktober
Liesl de Beer 17de; Arian Wessels 19de; Divan Pretorius 24ste; Adelynn Smith 31ste. Ek wens julle almal 'n baie mooi dag toe - en baie mooi geskenke!!
Groetnis tot volgende keer!
Alf
You are viewing the text version of this site.
To view the full version please install the Adobe Flash Player and ensure your web browser has JavaScript enabled.
Need help? check the requirements page.