let's Chat ... spill the Beans ... prAat saam ... have youR say ... rek Jou bek ... sê jOu Sê ... break the SilenCe ... raak iets KwYt... gOoi hom ...
Monthly CHAT by the chair
Tydens die loting van die volgende Wereldbeker Sokker Toernooi in 2006 het menigte van ons gedink dat 2010 nog soos 'n ster in die verskiet is - maar 4 jaar later is ons nou daar. Vir my voel die veranderinge in Outeniqua Harriers amper soos die sokker loting. Aan die begin van 2009 het ons gewonder wat die jaar vir die Harriers inhou - maar na 'n jaar van vele veranderinge kan ons - myns insiens - terugkyk na 'n opwindende jaar. Die klub se bestuur het meer as hulle kant gebring en verdien 'n pluimpie. Atlete is nie altyd bewus van die harde werk agter die skerms nie en die
beplanning rondom wedlope neem baie van ons persoonlike tyd in beslag.
There are certain highlights that need to be mentioned. One is the new club running vest due to be on sale within the next couple of weeks, the new stunning black club T-shirt, the launch of our own website, the very successful Cheese Festival race, the Outeniqua Marathon, the Spur 2 Spur race and the Gleniqua race in Glentana. The club managed to obtain some 100% from the race referee - well done to all. After long deliberations the club committee also managed to "seal the deal" with regards to securing a permanent venue for all our club meetings and functions, namely the MOTH hall.
Klublede moet verseker wees dat Outeniqua Harriers gedurende 2010 'n nog groter impak op plaaslike atletiek gaan maak - daar word reeds hard gewerk aan 'n eerste van sy soort in die Suid-kaap waar 'n unieke vroue wedloop gaan plaasvind op die eksklusiewe Kingswood Landgoed op Vrydag 19 Februarie. Die wedloop beloof om een van die grootste wedlope in die nabye toekoms te word. Met al die positiewe insette en opgewondenheid in die klub sal dit oneerlik wees om nie ook die minder positiewe aan te spreek nie. As voorsitter van 2009 voel ek dat daar weereens 'n dringende versoek moet uitgaan na al die Harrier atlete om deel te wees van die klub se verrigtinge en aktiwiteite - daar is by my 'n groot behoefte dat Outeniqua atlete asseblief tydens ons eie wedlope hulle self beskikbaar sal stel vir die bemanning van watertafels en roete beamptes. Ons kan eenvoudig nie goeie en veilige wedlope aanbied sonder goeie ondersteuning nie. Dink asseblief ernstig daaraan. Die winste van ons wedlope word aangewend tot voordeel van die klub as geheel waar sosiale aande en funksies "ge-sponsor" word.
Keep the Outeniqua Harriers flag flying high this year - it is interesting to see that other local clubs battle to keep up with our initiatives. We lead - others try to follow. Viva Harriers - Viva kapoen!
Be excited. Be involved. Be blessed.
Henry Hill
To leave a message, start by clicking on the subject below.
